10 liedjies om jou voor werk te motiveer

Daar is min dinge wat so blou is soos ’n Maandag; die naweek is verby en die nuwe week wag jou met al sy versteekte uitdagings in. Al wat jy wil doen terwyl jou wekker op jou skree, is om die komberse met alle mag oor jou kop te trek en verder te slaap. Gelukkig is daar ’n maklike en vinnige kuur vir Maandag-sindroom wat boonop goedkoop ook is: musiek! Talle studies het al die positiewe uitwerking van musiek op die menslike psige en liggaam opgeteken, en dié voordele is heelwat meer as die nadele – dis nou as daar enige nadele is.

Kom ons kyk vinnig watter voordele musiek vir jou inhou:

  1. Musiek kan stres en angs verminder of selfs laat verdwyn.
  2. Musiek verbeter jou geheue.
  3. Musiek sit jou sommer dadelik in ’n goeie bui.
  4. Musiek verbeter konsentrasie – absoluut ’n voordeel as jy werk of studeer.

Dit hoef nie moeilik te wees om motivering vir ’n nuwe week te kry nie: Sit net jou gunstelingmusiektoep (soos Spotify, Joox of Apple Music) aan en kies liedjies wat jou voete wil laat dans en wat jou sommer hardop wil laat saamsing.

Ons help jou sommer om jou speellys af te skop met 10 liedjies om jou voor werk te motiveer:

  1. “Tameletjie” – Appel
  2. “Tema van jou lied” – Valiant Swart
  3. “Bietjie hoop” – Die Heuwels Fantasties
  4. “Jy is die storm” – Dewald Wasserfall
  5. “Rede om te glo” – Elvis Blue
  6. “Hardekole” – Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk, Refentse
  7. “Anoret” – Refentse
  8. “Kom lê my neer” – Appel
  9. “Beloofde land” – Die Heuwels Fantasties
  10. “Land van melk en heuning” – Bok van Blerk

Lekker luister! Laat weet ons wat jou gunsteling liedjie is om voor werk te luister.