
Vlak 3 vanaf 1 Junie 2020
Op 1 Junie 2020 het die land se COVID-19-inperkingsvlak van vlak 4 na vlak 3 beweeg. Enkele plekke, veral die meeste stedelike areas, bly brandpunte en die nakoming van regulasies sal hier besonder versigtig gemoniteer word.
Vlak 3 behels onder meer:
- Alkohol mag verkoop word, onderhewig aan voorskrifte.
- Tabakprodukte mag steeds nie verkoop word nie.
- Mense mag op hulle eie oefen wanneer hulle wil.
- Geen openbare byeenkomste, konferensies, vermaaklikheidsgeleenthede, sportbyeenkomste of kulturele byeenkomste mag plaasvind nie en fasiliteite daarvoor mag nie heropen nie.
- Godsdienstige aktiwiteite mag ook onderhewig aan voorskrifte plaasvind.
- Mense in die hoogste risikogroepe word gemaan om so ver as moontlik tuis te bly.
- Handel, konstruksie, e-handel en vele ander bedrywe kan hulle werksaamhede voortsit – almal wat reeds werksaamhede hervat het, mag vanselfsprekend oop bly en meer sektore word bygevoeg.
- Mense in die voedselbedryf mag nog nie restaurante heropen vir aansit-etes nie, maar mag aanhou kos aflewer en wegneemetes mag deur kliënte afgehaal word.
- Plaaslike vlugte mag vir besigheidsdoeleindes hervat word.
- Bedrywe waar direk met mense gewerk word, byvoorbeeld haar- en skoonheidsalonne, bly helaas steeds toe.
- Mense moet soos tans voortgaan om maskers dra.
Die nuwe regulasies wat vanaf 1 Junie 2020 in werking tree, kan hiér gevind word.
AfriForum Sakenetwerk verkies loodskomitee om ondernemings in Bloem te help blom
AfriForum Sakenetwerk se nuutgestigte plaaslike sakenetwerk in Bloemfontein het Dinsdag…
Hoe entrepreneurs November slim kan gebruik – Vrede vir jou in ’n oorlaaide seisoen
Deur Christi-Lene Gericke Christi-Lene Gericke is gebore en getoë in…
entrepreneursfokus: danielle de villiers
Ons het met Danielle de Villiers gesels oor haar entrepreneurskapreis…