Ondernemingsredding en die effek daarvan op skuldeisers

Deur Inge Labuschagne

Die herstrukturering van maatskappye in finansiële nood is aan die toeneem in die wêreld. Hierdie internasionale tendens is die rede vir die inwerkingtreding van ondernemingsredding in Hoofstuk 6 van die Maatskappywet 71 van 2008 (die Wet) in die Suid-Afrikaanse konteks.

Hoofstuk 6 van die Wet het egter verrykende gevolge vir skuldeisers, finansiële instellings, aandeelhouers, werknemers en herstruktureringspesialiste. In hierdie artikel gaan ons kyk na die mees algemene vrae wat mense het sodra ’n maatskappy in ondernemingsredding geplaas word.

  1. Wat is ondernemingsredding?

Dit is die verrigtinge om die rehabilitasie van ’n maatskappy wat in finansiële nood is te fasiliteer deur voorsiening te maak vir: a.    die tydelike toesig oor die maatskappy, en vir die bestuur van sy sake, bedrywighede en eiendom; b.    ’n tydelike moratorium op die regte van eisers teen die maatskappy of ten opsigte van eiendom in sy besit; en c.    die ontwikkeling en implementering, indien goedgekeur, van ’n plan om die maatskappy te red deur sy sake, bedrywighede, eiendom, skuld en ander laste, asook ekwiteit sodanig te herstruktureer dat die waarskynlikheid dat die maatskappy op ’n solvente grondslag sal voortbestaan gemaksimaliseer word of, indien dit vir die maatskappy onmoontlik is om voort te bestaan, sal lei tot ’n beter opbrengs vir die maatskappy se skuldeisers of aandeelhouers as wat uit die onmiddellike likwidasie van die maatskappy sou voortspruit.

  1. Wat is die doel van ondernemingsredding?

d.    Die doel van ondernemingsredding is om die maatskappy te red deur sy sake, bedrywighede, eiendom, skuld en ander laste, asook ekwiteit sodanig te herstruktureer dat die waarskynlikheid dat die maatskappy op ’n solvente grondslag sal voortbestaan gemaksimaliseer word of, indien dit vir die maatskappy onmoontlik is om voort te bestaan, sal lei tot ’n beter opbrengs vir die maatskappy se skuldeisers of aandeelhouers as wat uit die onmiddellike likwidasie van die maatskappy sou voortspruit.

  1. Wat is ’n ondernemingsreddingpraktisyn?

Dit is ’n persoon wat ingevolge Hoofstuk 6 van die Wet aangestel is, of twee of meer persone wat gesamentlik aangestel is, om toesig te hou oor ’n maatskappy gedurende ondernemingsreddingverrigtinge.

  1. Wat is die toets vir ondernemingsredding?

Die toets of ’n onderneming in ondernemingsredding geplaas moet word of nie, is of die onderneming in finansiële nood is of nie. Die Wet definieer die term “finansiële nood” (Artikel 128(1)(f)) soos volg:

  1. Dat dit redelik onwaarskynlik is dat die maatskappy in staat sal wees om binne die onmiddellik daaropvolgende ses maande al sy skulde sal kan betaal namate dit betaalbaar raak; of
  2. Dat dit redelik waarskynlik is dat die maatskappy binne die onmiddellik daaropvolgende ses maande insolvent sal raak.

 

  1. Hoe lank duur ondernemingsredding?

Artikel 132 bepaal dat ondernemingsreddingverrigtinge begin wanneer:

  1. die maatskappy ’n besluit indien om homself onder toesig te plaas;
  2. die maatskappy by die hof aansoek doen vir toestemming om ’n besluit te neem om homself in ondernemingsredding te plaas;
  3. ’n persoon aansoek doen vir ’n bevel om die maatskappy onder toesig te plaas; of
  4. ’n hof, tydens likwidasieverrigtinge, ’n bevel maak dat die maatskappy onder toesig geplaas moet word.

Die proses moet binne ’n periode van drie (3) maande afgehandel word. Indien dit langer neem moet die praktisyn ’n verslag oor die vordering van die ondernemingsredding opstel en aan die einde van elke daaropvolgende maand opdateer totdat daardie verrigtinge eindig.

  1. Wanneer eindig ondernemingsredding?

Ondernemingsredding eindig wanneer:

  1. die hof die besluit of bevel wat daardie verrigtinge begin het tersyde stel;
  2. die verrigtinge in likwidasieverrigtinge omskep het;
  3. die praktisyn ’n kennisgewing van die beëindiging van ondernemingsreddingverrigtinge by die kommissie ingedien het; of
  4. ’n ondernemingsreddingplan verwerp is of aangeneem is en die praktisyn daarna ’n kennisgewing van wesenlike implementering van daardie plan ingedien het.

 

7.    Wat is die uitwerking van ondernemingsredding op werknemers en kontrakte?

Artikel 136 bepaal dat werknemers van die maatskappy onmiddellik voor die aanvang van daardie verrigtinge tydens ’n maatskappy se ondernemingsreddingverrigtinge op dieselfde bepalings en voorwaardes in diens bly tensy daar op nuwe bepalings en voorwaardes ooreengekom word kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge.

8.    Algemene moratorium op regsgedinge teen die maatskappy

Ingevolge Artikel 133 mag geen geregtelike stappe, insluitende afdwingingsaksie, teen die maatskappy, of ten opsigte van enige eiendom wat aan die maatskappy behoort, of wettiglik in sy besit is, tydens ondernemingsreddingverrigtinge in enige forum begin of voortgaan nie, behalwe: a.    Met die skriftelike toestemming van die praktisyn;b.    Met magtiging van die hof en ooreenkomstig enige bepalings wat die hof geskik ag;c.  As ’n skuldverrekening ten opsigte van enige eis wat in enige regsgeding deur die maatskappy gedoen word, ongeag of daardie verrigtinge voor of ná die ondernemingsreddingverrigtinge begin het;d.    Strafregtelike verrigtinge teen die maatskappy of enige van sy direkteure of beamptes; ofe.    Verrigtinge rakende enige eiendom of reg waaroor die maatskappy die bevoegdhede van ’n trustee uitoefen. 

9.    Skuldeisers se deelname 

Elke skuldeiser is geregtig om: a.    ’n kennisgewing van elke hofverrigting, besluit, vergadering of ander relevante gebeurtenis rakende ondernemingsreddingverrigtinge te ontvang;b.    aan enige hofverrigtinge deel te neem wat tydens ondernemingsreddingverrigtinge ontstaan;c.    formeel deel te neem aan ’n maatskappy se ondernemingsreddingverrigtinge in die mate waarvoor Hoofstuk 6 voorsiening maak;d.    informeel aan daardie verrigtinge deel te neem deur voorstelle vir die ondernemingsreddingplan by die praktisyn in te dien;e.    die reg om te stem om ’n voorgestelde ondernemingsreddingplan te wysig, goed te keur of te verwerp; enf.     ’n skuldeiserkomitee te vorm en deur die praktisyn geraadpleeg te word.

10. Eerste vergadering van skuldeisers 

Binne tien werksdae ná aanstelling moet die praktisyn ’n eerste vergadering van skuldeisers belê en daarop voorsit, waar die praktisyn: a.    Die skuldeisers moet inlig of die praktisyn glo dat daar ’n redelike vooruitsig is om die maatskappy te red; enb.    Bewys van eise deur skuldeisers kan ontvang.

11. Wat gebeur wanneer die ondernemingsreddingplan goedgekeur is?

Die praktisyn moet, nadat die krediteure, ander geaffekteerde persone en die maatskappy se bestuur geraadpleeg is, ’n ondernemingsreddingplan opstel vir oorweging en moontlike aanvaarding ingevolge Artikel 151. ’n Ondernemingsreddingplan wat aangeneem is, is bindend op die maatskappy, asook op elk van die maatskappy se krediteure en elke houer van die maatskappy se sekuriteite. Die maatskappy, onder leiding van die praktisyn, moet alle nodige stappe doen om te poog om te voldoen aan enige voorwaardes waaraan die ondernemingsreddingplan onderhewig is en die plan soos aangeneem te implementeer.

12.  Rangorde van eise teen die maatskappy 

Eise teen die maatskappy word ingedeel in twee kategorieë, naamlik eise wat ontstaan voor ondernemingsreddingverrigtinge en eise wat ontstaan ná die aanvang van ondernemingsreddingverrigtinge. Artikel 135 maak voorsiening vir na-aanvangsfinansiering en kragtens Artikel 135(3)(a) sal hierdie finansiering en eise voorkeur geniet met uitbetaling. Agterstallige huurgeld word ongelukkig nie ingesluit by na-aanvangsfinansiering nie en dit beteken effektiewelik dat verhuurders een van die laaste krediteure is wat betaling kan ontvang vir agterstallige huurgeld. Verhuurders moet dus so gou moontlik ’n regsaksie begin om hulle eis te verseker en vas te stel om hulle skade te beperk vir agterstallige huur weens ondernemingsreddingverrigtinge.

Kontak ons gerus indien jy enige bystand benodig met hierdie prosesse.