
AfriForum Sakenetwerk verkies loodskomitee om ondernemings in Bloem te help blom
AfriForum Sakenetwerk se nuutgestigte plaaslike sakenetwerk in Bloemfontein het Dinsdag ’n loodskomitee aangewys om dié sakenetwerk behoorlik op die been te bring. Hierdie loodskomitee gaan, onder leiding van die pasaangestelde voorsitter, daarop fokus om ’n bestuur vir die plaaslike sakenetwerk aan te stel. Die bestuur gaan op sy beurt daarop fokus om verskillende ondernemings aan…

Entrepreneursfokus: danie rossouw
Aanvanklik uit die Helderberg-omgewing, bevind ek myself nou terug op tuisveld as die trotse stigter en eienaar van The Butcher & Son. Ek stap hierdie onverwagte reis saam met my pragtige vrou, Leana, en ons seun Daniel. Daniel vorm nie net deel van The Butcher & Son se identiteit nie, maar is ook een van…

Entrepreneurskap: Hou só kop bo water
Wanneer ’n baba gebore word is dit ’n traumatiese ervaring, die nuutgebore baba verlaat sy veilige huis net om te ervaar hoe ‘n doktor hom pakslae te gee terwyl hy snak na sy asem. Die baba skree en huil soos hy deur die proses van geboorte moet gaan, kry dalk yskoud en sukkel om by…

Vyf maniere waarop nuwe besigheidseienaars stres kan beheer
Enigiemand wat al sy of haar eie besigheid begin het, kan met sekerheid daarvan getuig dat dit nou maar eenmaal ’n gegewe is dat stres ’n beduidende rol speel – veral tydens die eerste drie tot vyf jaar, wanneer die besigheid nog sy voete vind en onder finansiële druk gebuk gaan, kliënte of klante werf,…

Slegte gewoontes en hoe om hulle te vervang met goeies
Waarom byt ons ons naels, kyk kort-kort na e-posse of bring ure op Facebook en Instagram deur? Waarom stap jy elke keer yskas toe selfs al is jy nie werklik honger nie of lê jy en Netflix kyk terwyl jy aan jou nuwe besigheidsidee moet werk? Boonop weet ons dat dit ons fisiese en verstandelike…

AFRIFORUM SAKENETWERK SE EERSTE WELSTANDSDAG TOON HOE BELANGRIK GEBALANSEERDE LEWE IS
AfriForum Sakenetwerk het vandag hul eerste welstandsdag vir entrepreneurs by Revival Fitness Center in Centurion aangebied om vir entrepreneurs te wys hoe belangrik dit is om na hulle gesondheid en emosionele welstand om te sien. Die entrepreneurs het ook tydens die geleentheid drie oefensessies kafgedraf wat Revival Fitness se instrukteurs aangebied het. René Naudé, menslikehulpbronbeampte…

AfriForum se kommentaar op Nasionale Kleinsake-wetsontwerp fokus op bemagtiging
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag skriftelike kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Kleinsake (2023) ingedien wat wetgewing voorstel om dié wetsontwerp aan te vul. Die Departement van Kleinsake-ontwikkeling het nie genoegsame wetgewende ondersteuning vir kleinsakeondernemings verskaf nie, maar hierdie wysiging sal poog om die huidige tekortkominge aan te spreek. Die organisasie glo dat die wetsontwerp,…

Besigheidsbytjies begin met ’n gezoem
AfriForum se Besigheidsbytjiesspan, bestaande uit AfriForum Sakenetwerk en AfriForum se jeugleierskapspan, het op 27 Maart in samewerking met Akademia ’n seminaar aangebied vir ywerige, jong entrepreneurs om dié jaar se kompetisie met ’n gezoem te begin. Nagenoeg 70 skoliere het die seminaar bygewoon wat by Akademia, ook die hoofborg van die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie, plaasgevind het. Verskeie…

Oorkom teleurstelling: Drie gevallestudies van besighede wat dit kon doen
Zig Ziglar het gesê dat dit nie gaan oor of jy val nie, maar hoe jy opstaan. ’n Teleurstelling in jou entrepreneursreis gaan nie oor die teleurstelling self nie, maar hoe jy daarop reageer. Agter elke suksesverhaal is ’n verhaal van deursettingsvermoë. Theodor Giesel se werk as kinderboek skrywer is 27 keer deur uitgewers as…
End of content
End of content