Entrepreneursfokus: Pienkvoet-Pret

Wat is pienkvoet-pret?

Pienkvoet-Pret skep ’n gemeenskap waar ouers mekaar kan ondersteun en elke mylpaal wat hul babas en kleuters bereik sonder oordeel en saam kan vier.

Pienkvoet-Pret bied al sedert 2000 uitstekende Afrikaanse ontwikkelings- en stimuleringsklasse vir mammas, babas en kleuters aan. Die aandag, liefde en sorg wat elke franchise-eienaar aan ouers bied, maak van Pienkvoet-Pret-afspraak ’n prettige en besondere gebeurtenis. English moms and babies more than welcome!

Pienkvoet pret bied die volgende dienste:

Mamma-en-baba-klasse

Pienkvoet-Pret bied reeds sedert 2000 prettige en omvattende stimulasie- en ontwikkelingsklasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer.

Ons doel is om aan mammas of pappas die geleentheid te bied om in ’n ontspanne atmosfeer hul baba speel-speel te stimuleer en te geniet. Hierdie is baie belangrike gehaltetyd met mekaar.

Babas se eerste 1 000 dae is ontsettend belangrik! Dis hier waar jy ’n kind se boublokke vir die res van hul skoolloopbaan vorm.

David Feuerstein het gesê dat kinders liefdevolle volwassenes nodig het om die wêreld vir hulle oop te sluit en betekenis daaraan te gee. By Pienkvoet-Pret leer ons jou hoe!

Speelskool

Pienkvoet-Pret 2.0-speelskole bied speelgroepe waar kleuters tussen twee en vyf jaar daagliks van 08:00 tot 13:00 kan kom speel. Die speelskool bied ‘n veilige, informele en liefdevolle atmosfeer wat speel en leer soveel beter maak. ’n Maksimum van ses maatjies verseker dat elke kleuter persoonlike aandag en liefde ontvang.

’n Hoëgehaltekurrikulum word gevolg om te verseker dat elke kleuter tot hul beste potensiaal ontwikkel.

Wat is PVP DIGI?

PVP Digi is ’n digitale stimuleringsprogram wat mammas en babas die geleentheid bied om in die gerief van hul eie huis deel van die Pienkvoet-Pret-gemeenskap te wees.

PVP Digi bied ’n omvattende program waarby babas en peuters tussen drie maande en drie jaar sal baatvind.  Die program fokus daarop om ouderdomgepaste en genotvolle aktiwiteite op ’n digitale platform beskikbaar te stel.

Pienkvoet-Prettig-aktiwiteitsbokse

Die Pienkvoet-Prettig-intekenbokse is met baie sorg aanmekaar gesit en bevat ’n wye verskeidenheid opvoedkundige speelgoed. Elke boks is gevul met ouderdomgepaste aktiwiteite vir babas en peuters van drie maande tot drie jaar. Dit kom met instruksies in Afrikaans en Engels om te verduidelik wat met elke item gedoen moet word en watter area van ontwikkeling die aktiwiteite betrek. Die subskripsie bokse word maandeliks by jou deur afgelaai of kan eenmalig bestel word. Dit is die ideale geskenk vir verjaarsdagmaatjies.

The Nanny Movement

Die oppasbeweging is gebore uit ’n diepe passie vir opvoeding en vroeë kinderontwikkeling. Ons erken die feit dat alle rolspelers in ’n baba, kleuter of kind se lewe goed ingelig en opgelei moet word om die doel van ’n stewige fondament in ons kinders se lewens te bereik.

Stel jou die impak op ons samelewing voor as ons die wyse kan verander waarop kinders in hul vroeë jare versorg word. Ons is passievol oor die ontwerp van werkswinkels met toepaslike inligting oor kindersorg, breinontwikkeling en baba- en kindstimulasie.