#MyDorp – Gauteng, eerste stop: Heidelberg

Die jaar staan na ‘n einde se kant toe en ons het hierdie jaar by van die oulikste ondernemings in ons land ‘n virtuele besoek afgelê. Dit is nou Gauteng se beurt om platgereis te word en soos gewoonlik wys ons vir jou die beste plekke om by te koop, te eet, te slaap en dalk ook net waar jy jou funksies kan aanbied. Hierdie week besoek ons Heidelberg.

Slaap hier

Poortjie Gastehuis

Poortjie Gastehuis in Heidelberg is die perfekte naweek wegbreek vir iemand wat moeg is vir die lewe in die stad. Nie net kan jy ontsnap uit die stad nie maar jy kan ook gebruik maak van hul pragtige geriewe vir jou spesiale geleentheid. Kom maak jouself tuis by Poortjie Gastehuis.

 width=

Eet hier

Crazy Daisy Coffee Shop

Behalwe vir die naam is daar niks crazy aan hierdie koffiewinkel nie. Net ‘n lieflike atmosfeer met heerlike kos en koffie wat jou gaan laat terugkeer keer op keer.

 width=

Koop hier

Jasmyn Kwekery

Jasmyn Kwekery is die ideale wegkruipplek vir mense wat hou van plante, hoenders en skadu-hoekies waar hulle ‘n oomblik kan sit en ontspan na ‘n besige week. Omskep jou huis ook in ‘n groen paradys en koop ‘n plantjie of drie by Jasmyn Kwekery.

 width=