#MyDorp – Op pad na Drie Susters en Sutherland

AfriVriendelik se #MyDorp reeks het nou al so te sê die land plat gereis in ons virtuele toer! Hierdie week kuier ons in Drie Susters en Sutherland, ons kyk waar jy lekker kan eet, slaap en koop wanneer jy in die omgewing is! So, sit jou sonbril aan, draai die sleutel en kom kuier saam!

Alles in een

Travalia Gasteplaas

Travalia Gasteplaas bied ‘n alles-in-een ervaring. Hier kan jy ‘n heerlike nagrus geniet, iets kry om te eet en ‘n hele paar oulike produkte koop by hul plaaswinkel. Travalia Gasteplaas is al sedert 1989 deel van Drie Susters se toerismebedryf en jy moet eenvoudig net hier stop wanneer jy deur Drie Susters ry.

 width=

Slaap hier

Inibos Selfsorg

Kom maak jouself tuis by Inibos in Drie Susters. Hierdie gasteplaas spog met ‘n luukse vintage karavaan wat uit Duitsland ingevoer is en twee permatente. Omring jouself met die mooiste uitsig en sonsondergange in die Noord-Kaap.

 width=

Die Stal Kothuis

Ontsnap uit die gedruis van die stad en vind jouself in ‘n kothuis buite Sutherland. Die Stal is ‘n selfsorg kothuis ideaal vir enigiemand wat opsoek is na ‘n blaaskans. Bederf jouself met ‘n koppie koffie en kyk hoe die son op kom, of skink ‘n glasie wyn wanneer die son ondergaan.

 width=
Eet hier

Rogge Cloof

Ontspan met ‘n glasie wyn in jou hand by Rogge Cloof. Hier kan jy wynproe en heerlike kos geniet. As jy tyd het kan jy ook van Rogge Cloof se ander aktiwiteite geniet soos ‘n wildsrit, sterrekyk en nog baie meer.

 width=