plaaslike sakenetwerktak
Raak betrokke by AfriForum Sakenetwerk se plaaslike sakenetwerktak in jou omgewing, of stig saam met ons ’n nuwe plaaslike sakenetwerktak.
AfriForum Sakenetwerk gaan in 2025, in samewerking met AfriForum se gemeenskapstrukture, plaaslike sakenetwerke vestig in ’n dorp of streek naby jou.
Die doel hiervan is:
Wat ons bied indien jou onderneming hiervan deel word:
Kostes verbonde:
- Voorgestelde koste per maand vir onderneming: R350 per maand of R3 500 (twee maande korting) per onderneming per jaar
- Plaaslike sakenetwerke se netwerkgeleenthede en/of ander geleenthede word uit hierdie kostes gedek en enige besparing word aangewend vir geleenthede wat die plaaslike netwerk self sal wil aanbied, bv. ’n jaarlikse gala-aand/toekenningsgeleentheid of seminaar met ’n spreker.
- Geen heffing op takke met minder as 10 lede nie.
- Heffings van 30% word geplaas op sakenetwerke van 10+ lede.
- Heffings van 45% word geplaas op sakenetwerk van 20+ lede.
Om hierdie plaaslike netwerk te vestig het ons ’n plaaslike komitee nodig wat verantwoordelik sal wees om
- maandelikse netwerkgeleenthede te reël;
- werkswinkels te reël;
- geleenthede te identifiseer waarby die plaaslike sakenetwerk betrokke kan raak;
- te help met die Tinteltong Toekennings wat jaarliks plaaslik sal plaasvind;
- die plaaslike sakenetwerk te laat groei totdat nog een gestig kan word; en
- geleenthede te identifiseer waar AfriForum se gemeenskapstrukture dienste kan lewer soos bv. vullisverwydering.
Om administratiewe doeltreffendheid te bevorder sal komiteelede deel wees van ’n WhatsApp-groep, terwyl daar ’n aparte groep sal wees vir die algehele plaaslike sakenetwerk.
Komiteelede wat nodig is om ’n plaaslike sakenetwerk te vestig:
Voorgestelde portefeuljes: | Pligte: |
Voorsitter | Skeduleer vergaderings, werkswinkels |
Ondervoorsitter en tesourier (Afriforum koördineerder) | Ondersteun voorsitter, verskaf inligting oor dienste wat die tak bied vir ondernemings, boekhou van fondse en indien van EFT’s. |
Sekretaris | Beplanning van dagboek, notulering, whatsapp-koördineerder |
Sosiale funksies | Koördineer maandelikse- en ander funksies |
Werwer | Nooi ander ondernemings om deel te word van die plaaslike sakenetwerktak |
Om jou belastingsertifikaat aan te vra, stuur asseblief ’n e-pos aan sanderien.vanderwalt@afriforum.co.za.