Tinteltong toekennings
AfriForum Sakenetwerk vier Internasionale Moedertaaldag
AfriForum Sakenetwerk vier sedert 2016 Internasionale Moedertaaldag deur ondernemings wat kreatief met ons moedertaal, Afrikaans, omgaan met Tinteltong Toekennings te bekroon.
Vanjaar begin hierdie toekennings se nominasieproses op Internasionale Moedertaaldag en sluit op 30 April 2025. Die Tinteltong Toekennings word vanjaar saam met en vir die plaaslike AfriForum Sakenetwerk-takke gevier.
Só werk vanjaar se Tinteltong Toekennings-nominasieproses:
- Die publiek of lid van die plaaslike Sakenetwerk-tak moet jou in daardie spesifieke area nomineer. Hoewel jy sélf nie deel van ’n tak hoef te wees nie, moet die persoon wat jou nomineer wel ’n lid van die tak wees.
- Daar is twee kategorieë, wat elk ook twee subkategorieë het:
- Produk
- Kreatiewe Afrikaanse naam
- Kreatiewe Afrikaanse slagspreuk
- Diens (die onderneming se naam hoef nie in Afrikaans te wees nie)
- Uitstekende diens in Afrikaans
- Uitstaande bydrae tot die Afrikaanse gemeenskap
- Produk
Daar word dus vier toekennings per Sakenetwerk-tak oorhandig. Die bekende proses om die gunstelinge te bepaal, gaan soos normaal voort: deur die meeste stemme van die publiek te werf.
Die Tinteltong Toekennings se besonderhede (datum, tyd en plek) word deur die plaaslike tak bepaal en word eersdaags gekommunikeer.
Gebruik hierdie skakel om ’n onderneming in die toepaslike kategorie te nomineer.
Nomineer ‘n onderneming
"*" indicates required fields